Racing Info‎ > ‎

2016-10-08 R02



Clive Geldenhuys sê weens veiligheids redes kon hy Allison Tillman nie Saterdagaand laat saam ry nie, maar haar rit is verseker vir 29 Oktober. Allison was die wenner van 'n saamry kans in die 75 SKF Lexus. Dis 'n een in 'n leeftyd kans in 'n sport wat beskou kan word as een van die extreme sportsoorte. 


Netjies, skoon en vinnig. Nie net een van die bes voorbereide karre in die streek nie maar ook nog kompeterend daarby. Devan Marais se Toyota aangedrewe 2.1 Modified, voor in sy klas.



GV Velddienste Z99 Hendrik Vos se wedrenloopbaan het meer as 10 jaar gelede op hierdie Bredasdorp baan begin. Saterdag se klas wen was een van baie op die baan.


Z76 Brian Houndsome moes die eerste byeenkoms uit sit weens meganiese probleme maar was meer gelukkig met die tweede byeenkoms en het met 'n derde plek die dag ge-eindig.


M8 Deon Rossouw 14 jaar gelede in aksie op die kalkbaan.  
Z8 Michael Rossouw volg met sukses in sy pa se voetspore.


Z18 Herman Swart en Z88 Michello de Jongh tans 
gesamentlik eerste in die Klub Kampioenskap.








24 Mia Kriegler nog een van die gelukkige jong deelnemers in die sport.


Stefan Smit met sy Pinto wat hy onlangs opgebou het hoef nie net tevrede te wees met die baie mooi jobbie wat hy gedoen het nie maar ook die tweede plek verlede Saterdag.



Goodwood Used Motor Spares & De Wet Vrugte Mini Klas se wenner Saterdag Michael Rossouw en pa Deon Rossouw.


Zandro Rohlandt is nog een van die baie jong deelnemers wat die sport op Mini vlak tem en besig is om goeie ondervinding op te doen. Die beste manier vir jong deelnemers om selfvertroue op te bou sonder om te gou afgeskrik te word.
 

Z46 Leonardt Joubert, voorloper in die Lexus V8 klas net voor werk in sy "kantoor".

Z9 Carla de Kock nog 'n jong deelmer. 
Dis haar eerste seisoen in motorsport in die Mini Klas

ą
Andre Alberts,
Oct 14, 2016, 3:25 AM
ą
75.JPG
(141k)
Andre Alberts,
Oct 12, 2016, 5:37 AM
ą
Divan.JPG
(69k)
Andre Alberts,
Oct 15, 2016, 3:12 AM
ą
Andre Alberts,
Oct 15, 2016, 3:08 AM
ą
Andre Alberts,
Oct 12, 2016, 2:47 PM
ą
Andre Alberts,
Oct 14, 2016, 3:11 AM
ą
Andre Alberts,
Oct 12, 2016, 3:09 PM
ą
Andre Alberts,
Oct 14, 2016, 3:11 AM
ą
Andre Alberts,
Oct 17, 2016, 5:05 PM
ą
Andre Alberts,
Oct 15, 2016, 3:10 AM
ą
Andre Alberts,
Oct 11, 2016, 2:48 AM
ą
Andre Alberts,
Oct 17, 2016, 5:17 PM
ą
z99hdv.JPG
(149k)
Andre Alberts,
Oct 11, 2016, 2:15 AM
Comments